Waarom Oudtshoorn Aftreeoord?
Die Oudtshoorn Aftreeoord is in een van die rustiger dele van ons plattelandse dorp, net langs die
Grobbelaarsrivier geleë. Die historiese hangbrug, aangrensend aan die oord, bring die sakekern binne
stapafstand vir die inwoners. Hierdie oord spog met pragtige, boomryke tuine waar inwoners ten alle tye
veilig en met die grootste gemoedsrus kan ontspan, stap, fietsry, ens. – werklik ‘n paradys in die kleine.
Die oord is in 1993 as ‘n projek van die Rotarie Klub van Oudtshoorn beplan en vandag is hulle steeds
aktief en entoesiasties betrokke by die bestuur van die oord. Die 132 ruim en doelmatige wooneenhede
verskaf tans verblyf aan 180 gelukkige en tevrede inwoners.
Oudtshoorn Aftreeoord voldoen aan al die bepalings en vereistes van die tersaaklike wetgewing ten
opsigte van die verblyf en versorging van bejaarde persone.
As u op soek is na gelukkige, veilige en kommervrye verblyf waar daar ook ruim voorsiening gemaak word
vir u geestelike, liggaamlike en sosiale behoeftes, dan is Oudtshoorn Aftreeoord u antwoord.
|