Verkope
Ons oord is ‘n Lewensreg Behuisingsskema. Geen agentekommissie, oordrag- of prokureurskoste is
betaalbaar nie. By beëindiging van lidmaatskap, word 80% van die verkoopprys aan u of u boedel
terugbetaal. Die oord bepaal self jaarlikse prysverhogings en finale verkooppryse van eenhede ten einde
bekostigbare en markverwante pryse te verseker. Eenhede wissel in grootte van 28m² tot 160m².
Kooppryse sluit die volgende in:
- Eenheidsprys per vierkante meter bereken (jongste tariewe by kantoor beskikbaar)
- Verpligte lidmaatskap tot die geregistreerde versorgingseenheid
Maandelikse heffing:
‘n Maandelikse heffing word as volg saamgestel:
- Basiese heffing soos bereken per vierkante meter van eenheid
- Versorgingseenheidsheffing
- Elektrisiteitsverbruik
- Wateroorskryding
- Middagetes
Maandelikse heffing sluit die volgende in:
- 24 Uur sekuriteit
- Basiese gesondheidsdienste 24 uur per dag
- Munisipale belastings
- Twee uur skoonmaakdiens per week.
- Versekering op die gebou. U verseker self u huisinhoud.
- Instandhouding van die buitekant van die gebou.
- Sny van grasperk
- Vullisverwydering
- Basiese waterverbruik
Addisionele dienste wat deur die Oord aangebied word teen minimale koste:
- Vervoerdiens na dorp elke Dinsdag en Donderdag
- Voetsorg, bloeddruk- en suikertoetse, ens.
- ‘n Paniekknoppie wat 24 uur aan die versorgingseenheid gekoppel is
- Tuindienste
- Washuis
|