Fasiliteite:

Fisiese geriewe en fasiliteite sluit die volgende in:

Hoofgebou

Die hoofgebou is sentraal geleë en bestaan uit ’n eetsaal en veeldoelige sitkamer/lesinglokaal wat volgens behoefte aangepas kan word, ’n versorgingseenheid, haarsalon, administratiewe kantore, ’n biblioteek, kombuis en washuis.

Eetsaal

Goed gebalanseerde, smaaklike middagetes teen ’n billike prys word daagliks hier bedien.

Sitkamer/Lesinglokaal

  

Die ruim sit- en eetkamer met ’n onderdakbraai word gereeld benut vir sosiale geleenthede wat deur die Ledevereniging van die oord, gereël word.

Sondae word die erediens vanaf NG Park-gemeente deur middel van televisie herlei. Dieselfde geld vir enige spesiale dienste.

Administratiewe gebou

Die oord se administratiewe kantoor hanteer en koördineer alle administratiewe en bestuursfunksies. Die bemarking van eenhede en ’n kwartaallikse nuusbrief word ook deur die kantoorpersoneel behartig.

Haarsalon

Die haarsalon is baie gewild onder die dames, maar mans is ook welkom. Die salon spesialiseer in die meeste moderne haarversorgingstegnieke. Kliënte van buite maak ook dikwels van hierdie salon gebruik.

Sekuriteit

Die ingangshek van die oord word 24 uur per dag deur ’n onafhanklike sekuriteitsmaatskappy en oordpersoneel beman. Alle wagte is volgens Suid-Afrikaanse sekuriteitsregulasies en -bepalings opgelei.

’n Geëlektrifiseerde veiligheidsheining beveilig die oord. Inspeksies van die heining word daagliks uitgevoer. Veiligheidsmaatreëls word voortdurend opgeskerp om ’n veilige en rustige verblyf te verseker. Veiligheid en sekuriteit geniet ten alle tye hoë prioriteit.

  

Wassery

Die wassery is van Maandae tot Saterdae oop vir die gerief van die inwoners.

Posbusse

Elke huis beskik oor ’n eie posbus. Die posbusse is op ’n sentrale punt by die administratiewe kantoor geleë. Pos word daagliks deur die Poskantoor gehaal en afgelewer.

Biblioteek

Die oord se biblioteek huisves ’n groot verskeidenheid boeke. Inwoners maak gereeld van hierdie fasiliteit gebruik.

Oordbussie

Die bussie is teen ’n minimale kilometertarief beskikbaar vir gebruik deur die inwoners. Gerieflike vervoer na en van die sakegebied of ander afsprake is twee keer per week beskikbaar. Groepe het al dikwels interessante uitstappies met hierdie bussie onderneem.

  
Copyright © 2019  ::  Oudtshoorn Retirement Village  •  Site by:  WebWorX