Versorgingseenheid

Visie

’n Veilige tuiste waar ouer persone met liefde, respek en deernis versorg word.

Missie

Bekwame en professionele diens om in ouer persone se fisiese, sosiale, emosionele en geestelike behoeftes te voorsien.

Versorgingseenheid

Hierdie moderne, volledig toegeruste versorgingseenheid is op die terrein van die Oudtshoorn Aftreeoord in Kerkstraat geleë, gerieflik naby die sakegebied van Oudtshoorn.

    Geriewe:
  • 11 enkel- en 15 dubbelkamers met 24-uur versorging.
  • Tydelike huisvesting en versorging aan persone wat gewoonlik privaat tuis versorg word.
  • Afsonderlike afdeling met 6 enkelkamers vir inwoners met demensie, met goed opgeleide personeel wat omgee.
  • 26 gekwalifiseerde personeel wat 'n 24-uur-diens aan inwoners bied.

Ontbyt, middag- en aandetes vorm deel van die diens wat hier gelewer word. Die vriendelike personeel is uiters bekwaam en waarborg inwoners ’n professionele diens en ’n aangename verblyf.

Met die koop van lewensreg in die oord en betaling van die voorgeskrewe lidmaatskapfooi, kwalifiseer inwoners vir benutting van die versorgingseenheid. Voorwaar ’n deurslaggewende oorweging wanneer daar oor huisvesting in ’n aftreeoord besluit moet word.

    Bykomende Inligting:

    Interne dienste:
  • 3 maaltye per dag, tee/koffie verskeie kere per dag
  • Private geneeshere op roep
  • Samewerking met privaat fisioterapeute en psigiaters
  • Wondsorg
  • Neem van bloeddruk
  • Behandeling van minder ernstige kwale
  • Pedikure & manikure
  • Oog- en oorsorg
  • Haarsalon
  • Sosiale aktiwiteite
  • Gereelde kerkdienste
  • Biblioteek
  • Diensvoertuig
  • Wassery en huishoudelike dienste
  • Sekuriteit 24 uur per dag
  • Kameras vir monitering in algemene leefareas
  • Noodroepstelsel (ook aan die res van die oord gekoppel)
  • Daaglikse aflewering van medisyne deur alle apteke in die dorp
  
    Bekende hospitale in die omgewing van die oord:
  • Klein Karoo Mediclinic, Oudtshoorn
  • George Mediclinic
  • Geneva Mediclinic, George
  • Kango Kliniek, Oudtshoorn
  • Life Bay View Privaat Hospitaal, Mosselbaai
  • Oudtshoorn Provinsiale Hospitaal
  • George Provinsiale Hospitaal
Copyright © 2019  ::  Oudtshoorn Retirement Village  •  Site by:  WebWorX