’n Verskeidenheid wooneenhede van wisselende groottes is beskikbaar:

Eenpersooneenhede

Hierdie eenhede is 28m² groot en bestaan uit ’n sit-/slaapkamer en ’n badkamer met ’n stort en toilet.

Eenslaapkamerhuise

Eenslaapkamerhuise is gemiddeld 58m² groot en bestaan uit ’n sit-/eetkamer, kombuis, slaapkamer en badkamer met ’n stort, bad en toilet. Party het ’n toesluitmotorhuis.

Tweeskaapkamerhuise

Tweeslaapkamerhuise is gemiddeld 100m² groot en bestaan uit ’n kombuis, sit-/eetkamer, 2 slaapkamers, 1½ of 2 badkamers en ’n toesluitmotorhuis.

Drieslaapkamerhuise

Drieslaapkamerhuise is tot 160m² groot en bestaan uit ’n kombuis, sit-/eetkamer, 3 slaapkamers, en in die meeste gevalle 2 volledige badkamers en ’n toesluitmotorhuis.

Die meeste tweeslaapkamerhuise en groter beskik oor minstens ’n toesluitmotorhuis en/of ’n motorafdak. Alle wooneenhede is op grondvlak, met ruim voorsiening vir parkering gemaak.

Copyright © 2019  ::  Oudtshoorn Retirement Village  •  Site by:  WebWorX